‘n Goddelike Hemelse Gebed
Geliefde en geseënde kind van God hieronder volg ‘n Hemelse gebed wat God my geleer het in die diepste beproewing van my hele menswees, wat ek in hierdie kritieke tye waarin ons nou inbeweeg daagliks tydens my oggend gebed in kronologie tot Hom moet bid met astronomiese gevolge! Begin jou oggend gebed ALTYD om God te loof en te prys, deur Jesus in die wonderbare inwerkende krag van die Heilige Gees.
Abba Vader U is die GROOT EK, YAHWE ELOHIM Die Heilige God van Abraham, die Heilige God van Isak en die Heilige God van Israel, ek aanbid U, ek loof U en ek Prys U Heilige Naam! Betoon nou jou liefde aan Hom volgens Psalm 91:14 en dank Hom dat Hy jou red. Roep Sy grote Name uit en loof Hom omdat Hy jou beskerm. Verheerlik Hom dat jy Hom mag aanroep, dat Hy jou gebed verhoor en in nood by jou sal wees en jou uitred en eer aan jou sal gee volgens vers 15. Prys Sy Helige Naam dat Hy jou gaan versadig met lengte van dae en jou Sy heil (Jesus se koms) gaan laat sien.
Vervolgens sing jou gunsteling lied vir Hom volgens Psalm 92:1-2, waarna jy volgens vers 3 Hom net verder loof en prys met woorde van lof en eer. Vertel nou volgens vers 5 en 6 hoe bly Hy jou gemaak het en steeds maak met al Sy goeie werke in jou lewe en hoe wonderbaarlik dit alles is en wat dit vir jou beteken! Besing nou Sy grootheid, Sy hoë verhewendheid en Sy Almag volgens vers 9.
Bid nou vers 11 oor jou gees, siel en liggaam wat Hy nou sterk maak soos die horing van ‘n Buffel en salf jou voorhoof drie keer met olie, in die naam van God die Groot EK IS, Yahwe Elohim, die God van Abraham, Isak en Israel, in die Naam van Jesus Christus ons komende Koning, ons hoë Priester volgens die orde van Malgisedek, en in die Naam van die Heilige Gees ons Leidsman.
1.
Bid nou verder soos volg: Abba Vader U is die GROOT EK IS, sal U nou asseblief in Jesus se Naam dat U Heilige Gees my nou sal beklee met U volle wapenrusting volgens Efe 6:10-18 en 2Kor 10:3-6. Aan my voete die skoene vir die bereidheid vir die evangelie van vrede! Dankie Abba Vader, dankie Jesus, dankie Heilige Gees. (herhaal die presiese sinsnede met betrekking tot die Gordel van waarheid, die borswapen van geregtigheid, die skild van die geloof, die helm van verlossing en die swaard van die Gees).
2.
Kritiek belangrik die volgende: Abba Vader U is die GROOT EK IS, sal U nou in Jesus se Naam dat U Heilige Gees nou elke gedagte van onreinheid, van sonde, van perversiteit, erotisme, onrein beelde, gedagtes van vloeke, vervloekings en Godslastering, gees van seksuele wellus, van depressie, neerslagtigheid, vreesagtigheid, negatiwiteit, pasiwiteit, gees van ongeloof, bekommernis, krankheid, hoogmoed, bitterheid, onvergewensgesindheid, jaloesie, begeerlikheid wat satan as die vader van alle leuns met sy vuil vieslike onrein demone in my gees siel en liggaam wil indra sal blokkeer, kanseleer, vernietig en in die buitenste duisternis uitban deur die Almagtige, Almagtige, Almagtige bloed van Jesus Christus, Lam van Golgotha, Seun van God. Dankie Abba Vader, dankie Jesus, dankie Heilige Gees dat U dit Nou vir my doen.
3.
Sal U nou asseblief Abba Vader, U is die GROOT EK IS, in Jesus se naam dat U Heilige Gees my nou ten volle sal vul met die vrugte van die Gees volgens Gal 5:22 / 2Kor 10:3-6. ‘n Gees van krag, van liefde en selfbeheersing, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, sagmoedigheid, bereidwilligheid, diensbaarheid opgewondenheid en nederigheid. Dankie Abba Vader, dankie Jesus, dankie Heilige Gees.
Dankie Abba Vader dat ek nou in U regverdigheid kan opgroei soos ‘n palmboom, soos ‘n Seder van die Libanon (vers 13) geplant in die huis van die Here sal ek groei in die voorhowe van onse God (vers 14), dat ek tot in my gryse ouderdom vrugte sal dra.
1. Om U lief te hê, te dien te eer en te vrees
2. My gesin lief te hê en te dien
3. My medebroers en susters in die Here te help en by te staan, vet (jeugdig van voorkoms) te wees, groen (gesond) deur die Almagtige, Almagtige, Almagtige bloed van die Lam van God (vers 15)
Meld nou by God aan vir diens volgens Jes 6:8 en vra Hom dat hy vir jou Sy tafel sal dek, die siele wat Hy wil, op jou pad sal bring op die strate, die stegies en die agterhoeke tot Sy eer en verheerlikking van Sy Naam (Psalm 92:16)
Bid nou jou normale gebed verder, bid God se seënbede oor jou en geliefdes volgens Num 6:24-26, en sluit af met die Onse Vader gebed.
(Matt 6:9-13) Seën Israel volgens Gen 12:3, seën jou huisgesin by die name, in die Naam van die Vader, in die Naam van Jesus Sy seun, in die Naam van die Heilige Gees.
Dankie Abba Vader ons aanbid U, Amen! Seën! Seën! Seën! Getuig! Getuig! Getuig!
NB. Bedink daagliks Phil 4:8
Alles wat waar is.
Alles wat eerbaar is.
Alles wat regverdig is.
Alles wat rein is.
Alles wat lieflik is.
Alles wat loflik is – watter deug of watter lof daar ook mag wees, bedink dit en die God van vrede sal met jou wees.