MY PERSOONLIKE GETUIENIS
HEIN VAN DEN BERG 25 AUGUSTUS 1943 – SATERDAG 25 AUGUSTUS 2018
75 JAAR OUD
Saterdag 25 Augustus 1958 – Saterdag 25 Augustus 2018
60 Jaar van eskatologie (wederkomslering)
Saterdag die 25ste Augustus2018,op my 75ste verjaardag, was dit presies 60 jaargelede terwyl ek in die hospitaal was te Zeerust om halfvyf die middag, wat Heilige Abba Vader aan my Sy grootste geskenkgegee het, toe Hy my geestelike oë en ore ge-open het volgens Mat.13v11 en v16 om die verborgenhede van Sy eindtydse profesieë te kan begin lees en te verstaan.
Hierna het die mees astronomiese geestelike reis van drome, wonderwerke, openbarings en gebedsreise gevolg wat my lewe vir tyd en vir ewig sou verander. Daarom is daar geen manier om woorde in enige aardse taal te vind om aan Heilige Abba Vader, Koning en Heer van my lewe die nodige en verskuldigde lof, eer en aanbidding te bring nie. Alle aardse tale is eenvoudig net te arm daarvoor; maar ek wil ons Heilige HERE innig loof en prys dat Hy ‘n tyd bepaal het wanneer ek Hom iewers in die toekoms in ‘n verheerlikte liggaam en met ‘n verheerlikte hemelse taal al die lof, eer en danksegging gaan toebring tot in alle ewigheid.
Op Saterdag 25 Augustus 2018 – presies 60 jaar gelede was ek in die hospitaal op Zeerust – nadat ek as 15 jarige seun van my Pa wat ‘n tabakboer was, se rou tabak gerook het, en my familie my besoek het. Op hierdie stadium was ons baie arm en was dit my grootste begeerte om ‘n fiets te kry, en redelik groot was my teleursteling toe hulle aan my ‘n splinternuwe Bybel gegee het; min wetende dat dit die grootste geskenk sou word wat ek ooit kon gekry het, en dít wat daarna sou volg met geen geld in die wêreld gekoop sou kon word nie! Nadat besoektyd verby was het ek die Bybel gevat en het die Heilige Gees dit vir my oopgemaak by Mattheus 24 by die tekens van die tye en het ek dit aandagtig en met groot belangstelling deurgelees. ‘n Bietjie later het ek weer die Bybel gevat en het die Heilige Gees dit weer vir my oopgemaak by Openbaring 13 waar die satan, die antichris en die valse profeet beskryf word en my aandag gevestig op verse 16-18, die 666 merk van die dier. Daarna het ons Heilige Abba Vader my oor die jare Sy volledige profetiese heilsgeskiedenis met die mensdom – en in besonder met Sy volk Israel geleer – tans ‘n volle 60 jaar! Wat ‘n Goddelike voorreg en soveel onverdiende genade! Aan ons Heilige God ál die eer.
Omdat satan ook die voorkennis het soos tydens Jesus se geboorte toe hy Herodes aangehits het om die pasgebore Kindjie te vermoor (Matt.2v13), net so het hy my reeds in my moeder se buik probeer doodmaak. Daarna het hy menige pogings aangewend om my dood te maak sodat ek nie die groot verantwoordelike roeping wat Heilige Abba Vader op my latere lewe sou plaas, kon vervul nie. Vanweë ons armoede en binne in die middel van die 2de wêreldoorlog en met twee kindertjies reeds daar, het my Mammie my probeer aborteer. Dit het egter nie geslaag nie en na my geboorte het ek dodelik siek geword, en by die dood omgedraai. Daarna ek as ‘n kleuter in die watervoor geval en byna verdrink. Op ‘n aand oppad huistoe beland ek en my ouers in ons motor rakelings voor ‘n voortsnellende trein. As 8 jarige ry ek met ‘n fiets oor ‘n motorbrug en val ek my bewusteloos vir 5 ure, waartydens voertuie my byna doodry. Daarna steek perdebye my op my oom se plaas op my nek terwyl ek daarvoor allergies was en swel my keel so op dat ek nie kan asem kry nie en draai ek by die dood om. By geleentheid gooi stout ouer kinders my in ‘n plaasdam terwyl ek nie kan swem nie en verdrink ek amper. As 9 jarige op Kersdag te Twyfelspoort op my oom se plaas hou my ouers piekniek naby ‘n rivier en val ek in die water en verdrink byna. Later terwyl my ouers weg was, word ek siek en is ek allergies vir die medikasie wat ek inkry en draai ek by die dood om. By geleentheid ry ek agterop my Pa se trekker en by Marico-stasie terwyl my Pa skerp draai verloor ek my balans en word ek tussen die trekkerband en die modder-skerm ingepers en spring ek ‘n gewisse dood met ‘n sekonde vry. As 10 jarige op ‘n Oujaarsdag saam met my Pa by hul jaareind-funksie hits satan my aan om glase vol skoon mampoer te drink waarna ek bewusteloos raak vir ongeveer 12 ure. Op ‘n dag op ‘n strooihoop te Groot Marico hits satan my aan om agteroor te duik en breek ek amper my nek. Een aand as sestienjarige en sonder ‘n lisensie in die hoofstraat van Nigel jaag ons resies met ons motorfietse en spring ek die dood net-net vry. Desembermaand 1961 ry ek met my motorfiets in die hitte van die dag vanaf Groot Marico na Swartruggens en bars die agterwiel se binneband teen ongeveer 115km/u en val ek my nerwe af. As 17 jarige op die pad na Pretoria, tussen Groot Marico en Swartruggens om ‘n lang draai hits satan my aan om met een van my skoolkennise resies te jaag terwyl my voertuig se remme baie swak was, onwetend van ‘n groot trop beeste voor ons in die pad en spring ek die dood net-net vry. Verder was daar regdeur my lewe soveel ander aanslae op my lewe wat telkens misluk het, net om een kardinale rede – as God jou geroep het en Hy Sy vinger na jou toe uitgesteek het kan die vlamme van die hel jou nie skroei nie. Wie kan dit verhinder? Duisend maal niemand! Halleluja, Amen en Amen!!!!!!
Die swaar tye in my lewe – Vir my as kleuter was dit baie, baie swaar om te beleef dat ons so arm was en die ergste van alles was dat almal op ons neergekyk het en niemand werklik geweet het tot vandag toe wat die ware rede daarvoor was nie en ons mag ook nie vir iemand daarvan vertel het nie. My Pappie was ‘n gekwalifiseerde kabinet- en meubelmaker in Johannesburg met ‘n baie goeie betrekking toe my ouma hom laat weet het om af te kom plaas toe, die plaas as erfporsie te ontvang en te kom boer. Sy oudste broer – ‘n dominee – wat intussen ‘n prokureur geword het, het met ‘n gekonkel Ouma se testament ten gunste van homself verander en met Ouma se begrafnis het hy dit voor gelees dat hy die erfgenaam is en ons was binne 2 dae sonder feitlik niks onder ‘n boom waar ons ‘n paar dae gebly het terwyl sy vrou ons gespot het…. “ja dis lekker om so piekniek te hou onder ‘n boom!” Daarna het ons vir 7 weke in ‘n bouvallige tabakstoor met beesmisvloere gebly terwyl my Pa vir ons ‘n piepklein 3 vertrek huisie met die minimum voorraad moes bou. My Pa was verslae en het nooit weer regtig hiervan herstel nie en het nooit weer kerk toe gegaan of vir ons van Jesus vertel of uit die Bybel gelees nie. Die gevolg hiervan vir my was, dat ek tot laat in my lewe met ‘n gees van minderwaardigheid geworstel het. Ek moes met gelapte klere, sonder skoene of onderklere in die koudste winter en die warmste somer kilometers ver skooltoe loop, in skool asblikke rondkrap vir skryfgoed of ‘n uitveer, geen toebroodjies, geen boeksak. Ek moes dikwels bottels en bene optel om te verkoop vir geld, by verbygaande stoomtreine steenkool bedel, kilometers ver met die treinspoor loop en steenkool optel om vuur mee te maak, was gespot, was verneder, ook deur my Pa se broer gemartel en as gevolg hiervan het ek aan ‘n ernstige graad van nagvrees gelei en dit wat daarmee gepaard gaan, om maar net ‘n paar insidente te noem.
Vandag, op die rype ouderdom van 75 jaar en met geestelike volwassenheid, besef ek dat Heilige Abba Vader my reeds daar as kleuter voorberei het om empatie te hê vir die armes en in besonder vir minder bevoorregte kinders. Gedurende my kinder- en tienerjare het ek soveel drome gedroom, gefantaseer en begeertes gehad om eendag in ‘n mooi huis te bly, ‘n mooi rooi sportsmoter, en soveel ander mooi te kan hê. Min het ek geweet dat dit alles en nog baie, baie meer op my wag. Ja, min het ek geweet dat ek op ‘n dag in ‘n pragtige huis sou bly en deur die strate van Witbank sou ry met my rooi sportmotor en my dogter as koningin met haar twee prinsessies agterop, en soveel meer. Aan ons Heilige Abba Vader al die eer tot in ewigheid!!!
My moeiliker opdragte– wanneer Heilige Abba Vader vir my gesê het ek moet predikers, dominee’s of pastore en ook doktor predikers gaan waarsku en ook net so moeilik wanneer ek‘n familielid of familielede en geliefdes moes waarsku.
Geestelike Bakens –Nieteenstaande bogenoemde het ek van dag een af geweet dat ek totaal anders was as my twee broers en vier sussies dat ek anders as hulle gedink het en ook alles anders as hulle ervaar het. Ek het ook reeds as kleuter die snaaksste “geestelike”ervarings gehad wat ek aan niemand kan beskryf nie en op 11 jarige ouderdom te Durban saam met ‘n groep minder bevoorregte kinders gee ek my hart aan Jesus. Op Saterdag 25 Augustus 1958 op 15 jarige ouderdom ontvang ek ‘n nuwe Bybel en begin Heilige Abba Vader my Sy eindtydse profesieë leer. Die 9de Oktober 1965 trou ek met Annatjie (Wolmarans) die vrou wat Vader vir my uitverkies het, ‘n ware Spreuke 31 ‘deugsame vrou wie se waarde ver bo die van korale is’ en word twee pragtige kinders vir ons gebore: Hein jnr. en Jackoline, geskenke uit die Hemel. Ons voed hulle van kleintyd af op in die vrese van ons Here. Daarna ontvang ons 5 pragtige kleinkinders (3 dogters met hulle mans en 2 seuns wat nog ongetroud is). Vroeg in 1990 op ‘n Sondag oggend in ons kamer word ek kragdadig gedoop met Die Heilige Gees en Vuur en verander Heilige Abba Vader my lewe vir tyd en ewigheid in een sekonde en gaan die profetiese eindtyd-skrifte vir my astronomies oop en begin ek om tydig en ontydig christene in te lig en te waarsku met betrekking tot die eindtye. Tydens ‘n geleentheid stuur Heilige Abba Vader ‘n kransduif na my met ‘n boodskap dat ek my totaal moet leegmaak van my eie ek, sodat Die Heilige Gees my totaal kan vul met Sy volheid. Menige wonderwerke, opdragte en gebedsreise volg. Op Sondag 2 Januarie 2005 tydens gebed, gee Vader my die opdrag om die inligting wat Hy vir my gaan dikteer tydens my gebedtye, na al die Afrikaanse kerke in S.A. uit te stuur, waarna hy my mond gaan sluit vir ‘n tydperk wat Hy gaan bepaal. Verskeie inligtingstukke en traktate oa. “Waarom en hoekom al die waarom en hoekoms juis nou;” “Hiperkritieke waarskuwing – Jesus se koms is naby,” “Het jy genoeg olie kind van God?” “Hoor jy die Basuine kind van God,” “Loadicea – die laaste dae kerk,” “2008 – ‘n Goddelike waarskuwing,” “Die groot hoer van Babilon” en menig ander inligting stukke is gedruk en landwyd versprei tot November 2008, en Januarie 2009 sluit Vader my mond vir 5 Jaar volgens Esg.3v26 en gaan ek deur die diepste dal van doodskaduwee denkbaar, waartydens Hy my in ‘n baie dieper geestelike dimensie inlei!!!!! Vrydag middag 19 Julie 2013 roep ek in die grootste barensnood tot My Here en Meester, ek kan nie meer nie – Heilige Here!!! Hoe lank nog???? waarna Hy my antwoord – vandag! Vandag!en daardie nag Saterdag 20 Julie 2013 om 3.00vm. laat Heilige Vader my 3 identiese drome m.b.t. Israel droom en vestig Hy my aandag daarop dat die toekomstige gebeure rondom Israel Sy volmaakte profetiese uurwerk is om op te let. Maandag 13 Januarie 2014 vra ek terwyl ek bid vir Heilige Abba Vader ‘n finale teken om te begin en direk antwoord Hy my as volg – deur een van Sy kinders – “Hein ek wil jou bemoedig om aan te gaan met hierdie bediening, want dit dra vrug waar jy nie kan bepaal nie. Dit is saad wat jy saai wat ‘n ewige hemelse opbrengs in die HEMELSE KANAAN sal oplewer”. Hierna was derduisende sms boodskappe uitgestuur tot eer van ons Heilige Heer en Meester en tot stigting van Sy kinders. Op my verjaardag 25 Augustus 2014 stuur Heilige Abba Vader vir my ‘n boodskap dat ek soos Salomo (1 Konings 3v9) vir wysheid m.b.t. Sy profetiese boodskappe moet bid en bevestig Hy dit aan my op Maandag 15 September 2014 in ‘n boodskap en presies 7 dae later ontvang ek die grootste geskenk denkbaar uit Sy ewige liefdes Vaderhart en Hand, Halleluja – Soli Deo Gloria! Amen. Donderdag 6 Augustus 2015 tydens my oggend gebed presies 70 jaar nadat die V.S.A. die eerste kernbom op Hirosjima gegooi het, wys Heilige Abba Vader vir my in die helder blou lug ‘n kokende pot bokant ‘n piramide wat die profetiese verwoesting van New York, Die United Nations en Washington iewers in die toekoms aankondig. Die nag van 29-30 November 2015 bevestig Heilige Abba Vader in ‘n droom dat Hy my ‘n groot oop deur vir 2016 gaan gee en hierdie droom is vervul op Woensdag 1 Junie 2016 toe alle inligting m.b.t. die eindtyd in Afrikaans en Engels wêreldwyd op die internet gelaai en gelees kon word op Heilige Abba Vader se adres www.bibleendtimeprophecy.com. Soli Deo Gloria – Aan onse Heilige God al die eer! 9 September 2016 word ‘n blouboek vir die eerste keer uitgegee met al die eindtyd profesiee in. Halleluja!
Woensdag middag 1 Februarie 2017 oppad na Middelburg sê Heilige Abba Vader ek moet S.A. dringend waarsku – draai of braai! Die waarskuwing word gepubliseer en gelaai op die Internet in Afrikaans en Engels vir die hele S.A. om te lees. In die eerste week in November 2017 kry ek tydens gebed uit die Hemel opdrag om gedurende Februarie 2018, 4 seminare in Middelburg te hou met die slagspreuk vir 2018 “WEES SAAM BLY JESUS KOM WEER” en spesifiek alle predikers uit te nooi. Sondag 31 Desember 2017 gee Heilige Abba Vader vir my Skrif uit die Hemel (Gen.28v15) vir 2018 en om 3.00vm Maandag oggend kry ek ‘n droom vir 2018. Gedurende Februarie 2018 volg 4 seminare waartydens Heilige Abba Vader vir my Sy breë prentjie vir 2018 wys en dat die stryd aan Hom behoort en HY enkelinge op my pad gaan bring om Sy profetiese inligting te versprei en so het dit gebeur – Halleluja, Amen!
Enkele van massas Goddelike ingrype en wonderwerke!
Ek onthou nog– my babaseun Hein wat tot die dood toe siek was in Witbank hospitaal waartydens ‘n prediker vir hom gebid het en hy direk daarna genees was; ons gebede vir ‘n mooiste huis, ‘n groot Mercedes en sportkarre word verhoor (Fillp.4v6). Ek skeur my hart oor mense se onreg vir God se saak en ‘n huis se dak word af geruk. Vader sien Emmie, ‘n klein vroutjie in nood se trane tydens gebed, waarna haar man Jan haar bel uit London. ‘n Verlore blinde hondjie “Koljander” word gevind na gebed. Ons gebedsreis deur Witbank – ‘n hartseer man se huwelik word goddelik herstel, ‘n pragtige klein dogtertjie kan weer normaal sien, ons gebed vir ons seun Hein by Highveldstaal en Vanadium word verhoor en ‘n goddelike wonderwerk vind plaas. Ons skeur ons harte in gebed voor Heilige Abba Vader oor al die sondes te Sodwanabaai 31 Desember 1997 – Heilige Abba Vader verhoed dit en stuur ‘n massiewe storm. Januarie 1998 te Kaap Augalhas bid ek op die rotse waarna Heilige Abba Vader aan my wys dat Sy eindtyd profesieë uit S.A. uitgestuur gaan word. Na gebed op Groot Marico vermeerder Vader 40 pakkies lekkers na honderde te Skuinsdrift Laerskool sodat al die kinders en onderwysers kan kry. Op Middelburg by Zebedela-stene vermeerder ‘n klein hopie stene tydens gebed en word 2 Bakkies en 2 sleepwaens tot oorlopens toe gelaai. 12 Liter verf vermeerder tydens gebed waarna ‘n groot huis uitgeverf word. My motor gly in nat weer te Pretoria waartydens ‘n engel ons beskerm en ek 4 gratis nuwe bande ontvang en gratis brandstof tot Jesus kom (nou reeds 13 jaar – Halleluja!). Die Heilige Gees gee ons opdrag om na Midwater Spar, Middelburg te gaan – ‘n man betaal vir al ons kruideniersware, Ocean Basket – ‘n pastoor “bestorm” ons tafel en betaal vir ons ete, Heilige Abba Vader voorsien ‘n hoenderhaan tydens een van my gebedsreise bokant my tent in ‘n boom om my 5vm wakker te kraai om te begin bid. Heilige Abba Vader toon aan my tydens gebed die komende verwoesting van Washington, New York en United Nations as teken in die helder blou lug die oggend van 6 Augustus 2015. Ek verloor my beursie by Witbank Mall met alles in, 7 dae later na intense gebed lê my beursie voor my.
Maandag 27 Augustus 2018 verkeer ons kinders in ‘n desperate staat van moedeloosheid in die noord-westelike uithoek van Namibië op ‘n piepklein plekkie met die naam Upuwo nadat hul Pajero 4X4 voertuig daar onherstelbaar gebreek het met geen uitkoms in sig. Dinsdag oggend 28 Augustus 2018 skeur ek en my vrou ons harte met trane in gebed voor ons Heilige Abba Vader vir die nodige vervoer vir hulle en hul voertuig terug na Suid Afrika waarna ons gebed verseel word deur drie Witduiwe in vlug deur die helderblou lug. Binne ‘n uur daarna ontvang ons die tyding dat ons Heilige Abba Vader ‘n vragmoter voorsien het vir hul Pajero 4×4 na Suid Afrika asook ‘n gratis privaat vliegtuig vanaf Upuwo na Windhoek en daarna met Air Namibië na Oliver Tambo in Suid Afrika. In minder as 11 ure nadat ons gebid het arriveer ons kinders veilig by hul huis op Middelburg, ‘n afstand van ongeveer 2445 kilometers ver! En nog soveel meer……….om te getuig! Halleluja aan Heilige Abba Vader al die eer! Ons aanbid ‘n Almagtige Heilige God!!! Amen!!!
Heilige Abba Vader se boodskap!!!!!!Ons is die lig, ons moenie moedeloos word nie, ons is amper daar, ons Heilige Abba Vader sal vir ons stry, en ons moet stil wees. Exo14v14 – Psalm 46v1-12. Amen! Aan Heilige AbbaVader al die eer!!!ë