Boodskapper van God
Op Woensdag 1 Februarie 2017, het God vir my gese, Hy is keelvol en woedend oor dit wat in Suid – Afrika plaasvind en dat Hy Sy toorn oor die mense gaan gebied en dat ek hulle indringend moet waarsku!
Die volgende aanklagtes het die Heilige Gees Sondag 5 Februarie, aan my gedikteer.
“Maar as Ek met jou spreek, sal Ek jou mond open, en jy moet aan hulle se: So spreek die Here, HERE. Wie hoor, laat hom hoor, en wie dit nalaat, laat hom dit nalaat, want hulle is wederstrewig (hardkoppig)” Esg 3:27
Se aan die inwoners van Suid – Afrika, Ek is keelvol vir hulle, My toornige beker loop oor (Jes 1:2-7) genoeg is genoeg!
Net te veel is hulle gewaarsku deur My ware boodskappers, net te veel het hulle hulle rug op My gedraai, en gese “Ons weier, ons sal nie, ons wil nie hoor nie!” (Jer 6: 16-17)
My toorn en My oordele gaan nou by die kerke begin. (1 Petr 4:17) omdat My boodskappers net louer en louer word (Openb 3:7-17) en omdat menig nie meer die waarheid preek nie (1 Petr 2:1-3)
Gaan Ek die owerhede nou teen hulle aanhits, sodat hulle nie meer kan se:”So spreek die Here, HERE” nie, en gaan Ek hulle veragtelik en gering maak voor die mense (Mal 2:7-9 en 17) en hulle uit My mond spuug (Openb 3:15-16)
Ek haal nou My ware kinders uit hulle kerke en dit sal leegloop (Esg 34: 1-11)
My toorn teen die regering.
Julle is verrot en korrup, julle is metgeselle van diewe en elkeen het omkoopgeskenke lief en jaag belonings na (Jes 1:23) Julle smee listige planne saam, teen My en My geliefde Seun Jesus Christus en vertrap My Woord (Ps 2:1-5) My flikkerende swaard van toorn en afrekening word nou teen julle gerig en sal nie langer sluimer nie (Jes 1:20)
My toorn teen die lou christenmans van Suid Afrika.
Massas aanbid naweek na naweek die sportgod, verorber liters en liters drank, vloek, hoereer, kyk pornografie, pleeg owerspel, bid nie meer nie, lees nie Bybel nie, weier om priesters van hulle huise te wees (Hosea 4:6)
Hulle bly saam in hoerery, spot oor die wederkoms (2 Petr 3:3-4)
Julle gaan nie meer die hoof van julle huise wees nie. Jou vrou gaan oor jou heers en jou kinders gaan ongehoorsaam wees en teen jou opstaan (Matt 10:21, 2 Tim3:2)
Julle bring die modernste tegnologie in julle huise in en bemagtig julle kinders om daarop dag en nag na die vuilste pornografie te kyk. Ek gaan jou kinders se bloed van jou hand eis (Mark 9:42)
My toorn teen die vroue van Suid Afrika.
Julle het julle huise verlaat, julle kinders het geen toesig. Hulle hoereer na skool en vakansies sonder ophou in jul huise.Hulle kyk pornografie, raak verslaaf aan dwelms en roep uit “Mamma help!”
Hulle beland in Denmar, pleeg selfmoord.
Julle kleredrag is uitlokkend, jou reukflessies en towermiddels (Jes 3:16-23) bedwelm ander vrouens se mans by die werk, jy gee jou oor in sy arms en sy seksdade.
Duisende huwelike verbrokkel, bloedlynvloeke kom oor die kinders vanwee massas onrein sielsbindinge (1 Kor 6: 16-19)
Ek sal jou skaamte ontbloot en jou in die skande bring om nie meer ‘n moeder vir jou kinders te wees nie! (Jes 3:16-17)
My toorn teen die inwoners in Suid Afrika.
Julle, die hele gesin, is verslaaf aan selfone.Almal sit vasgekluister voor hul televisiestelle, dit het jul god geword.
Julle gaan ten duurste betaal vir kos, julle teerpaaie gaan slaggate word, julle verkeersligte gaan breek, pale gaan skeef staan, geel en wit strepe op die teer gaan verdwyn.Julle geld gaan deur die owerhede onwys en vir ander doeleindes aangewend word tot julle nadeel.
Omrede Ek die tyd verkort (Matt 24:22) gaan motoriste heen en weer jaag, net meer en meer ongelukke met soveel smart.
My toorn teen die rykes.
Julle het vanwee julle geldgierigheid vir julle menig skate vergader. Julle het die loon van julle arbeiders terug gehou (Jak 5:1-6)
Julle leef weelderig in groot huise, ry duurste karre, vergryp julle aan swelgerye, terwyl menig van My kinders by verkeersligte en elders staan en bedel en krepeer van hongersnood.
Kyk, Ek gaan julle stroop van alles! Julle huise, die grotes en die mooies, gaan Ek toesluit sodat julle daar nie kan ingaan nie (Jes 5:9, Jes 24:10)
My toorn teenoor die boere.
Julle het My stem in die wolke (Job 37:1-6) lankal vergeet, dat Ek alleen die wolke oopsluit vir reen.
Julle vloek, hoereer, drink, vertrou op julself en besoek daagliks die godin van die noodlot (Jes 65:11-16),die weerburo om te hoor hoeveel reen op jou plaas gaan val, eerder as om op My te vertrou.
Kyk, Ek verhit die son (Jes 30:26) en stuur droogte, die sprinkaan (Joel 1:1-5) die wurm, ja die pes, ook die moordenaar om jou van jou plaas te verdrywe, en gee dit aan ander.
My toorn teen die skole.
Julle het die skole verander in pornografiese instellings en plekke van plesier.
Pornografiese onreinheid en vierletter skaamdeelwoorde is aan die orde van die dag.
Kinders word van kleins af verslaaf aan tegnologie en om die sportgod te aanbid, en word in detail geleer hoe om veilige seks voor die huwelik te beoefen.
Kyk, Ek gaan hulle bloed van julle hande eis, daarom gaan Ek die kinders teen julle oprig en skole onregeerbaar maak, soos reeds in ander lande gebeur.
My toorn teen die hoere in die land.
Ek laat julle toe om te floreer (Spr 16:4) sodat die mans van Suid – Afrika wat van My af weggehoereer het, deur julle besoedel kan word, en My volle oordeel oor julle en hulle kan kom (Openb 22:11)
My Woord aan die koerante.
Week vir week, maand vir maand, jaar vir jaar, word inligting en waarskuwings deur julle aan die inwoners van ons land gerapporteer en uitgebasuin.
Duisende rapporteer nou, “ons wil dit nie meer lees, dit maak ons negatief, ons wil dit nie meer hoor nie!”
Een ding staan vas, julle sal nooit, ooit eendag kan se, ons het nie geweet nie! Week vir week pryk die koerante voor julle oe op elke winkeltoonbank, weldra gaan My basuine blaas, en My Geliefde Seun op die wolke verskyn, en massas der massas gaan dit mis en verpas!!!
“Hoor aarde – Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne, want na My het hulle nie geluister nie, en My wet (Bybel) die het hulle verwerp” ( Jer 6:19)
HEIN VAN DEN BERG
082 586 7644